0236263159 admin1@robbie.co.za

ONS SKOOL

Hoërskool Robertson het in 1845 met ‘n totaal van 11 seuns en 13 dogters ontstaan.  Vandag, 94 jaar later, het die leerdergetalle al tot by die 500-kerf gegroei.  Daar is tans 24 personeellede in diens.

Die skool is in die hartjie van die Robertson-vallei geleë.  Ons beskik oor ‘n ryk geskiedenis en tradisies wat tot 1929 terugdateer en wat ons in 2021 ‘n trotse 93 jaar oud maak.  Ten spyte van ‘n nederige begin met slegs 24 leerders, pryk ons skool vandag reeds met 522 leerders.

Vandaar ons leuse: “Velle est Posse” – waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg.

Geniet u besoek aan ons webblad en onthou – VELLE EST POSSE – waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg!

VISIE

Om ‘n skoolgees te skep waarin die potensiaal van alle betrokkenes optimaal verwesenlik sal word, sodat ons deur God sal groei tot uitnemendheid op geestelike, akademiese, kulturele en sportgebied.

MISSIE

Ons bied ‘n Christelike gefundeerde opvoeding met Afrikaans as voertaal in ‘n milieu van orde en dissipline waardeur leerders met al die nodige lewensvaardighede vir ‘n suksesvolle toekoms toegerus word.

Vakke

1. Afrikaans Huistaal
2. Engels Huistaal
3. Engels Eerste Addisionele Taal
4. Wiskunde
5. Wiskundige Geletterdheid
6. Lewensoriëntering
7. Fisiese Wetenskap
8. Natuurwetenskap
9. Geografie
10. Ingenieursgrafika en Ontwerp
11. Rekeningkunde
12. Besigheidstudies
13. Verbruikerstudies
14. Rekenaartoepassingstegnologie
15. Geskiedenis
16. Toerisme
17. Landboubestuur
18. Landboutegnologie
19. Visuele Kuns
 

SPORT

Skaak

Sluit aan by ’n toegewyde groep spelers wat konsekwent goeie resultate by verskeie toernooie lewer en graag hul passie vir die sport met nuwe spelers deel. Hoërskool Robertson se skaakspan ontvang puik afrigting waarby ons leerders beslis baatvind. Die vaardighede wat hulle aanleer, word naweke tydens sportbyeenkomste toegepas wanneer ons skaakspanne teen ander skole in die area deelneem. (LEES MEER)

Fietsry

Ons is passievol oor hierdie nuwe projek en wil graag ons leerders sien presteer. Hoërskool Robertson het in 2021 besluit om fietsry as erkende skoolsport in te bring en sien sedertien jaarliks daarna uit om op die vorige seisoen se fietsryprestasies voort te bou.
(LEES MEER)

Tweekamp

Wanneer dit by hierdie uitdagende sportsoort kom, is Hoërskool Robertson se atlete so tuis soos visse in die water (in hierdie geval die swembad). Ons word mos nie verniet Robbies genoem nie! Bestaande uit twee afdelings, naamlik swembadswem (50m of 100m) en baanhardloop (800m tot 2 000m), is tweekamp ’n opwindende sportsoort waar atlete se uithouvermoë in die swembad sowel as op die atletiekbaan tot die uiterstes getoets word.
(LEES MEER)

Hokkie

Sedert 2020 beskik Hoërskool Robertson oor sy eie astroveld wat ons toelaat om teen die sterker hokkieskole in die land mee te ding. Ons het die afgelope paar jaar baie aandag aan hokkie geskenk en is tans besig om die vrugte daarvan te pluk. Die meeste van ons wedstryde vind Saterdae plaas, maar soms word wedstryde teen toerspanne in die week gespeel. Spelers kan ook na jaarlikse toere uitsien. (LEES MEER)

Toutrek

Toutrek is een van Hoërskool Robertson se mees geliefde somersportsoorte. Ons is baie trots op ons toutrekatlete wat jaar na jaar medaljes verower en die skool se naam hoog hou.

Harde oefening, lang ure en selfdissipline is die wortels wat ons toutrek lewe gee en die dryfveer wat ons jaarliks groter sukses laat najaag.
(LEES MEER)

Krieket

Hoërskool Robertson het ’n ryke tradisie in krieket en lewer jaarliks provinsiale krieketspelers op. Ons spog elke jaar met o.19A-, o.15A- en dogterskrieketspanne. Ons het in 2021 besluit om ons o.19-krieketspan in hoër ligas te begin inskryf. Hulle speel ook gedurende naweke in die 50-boulbeurt (voldagliga). Ons speel jaarliks in die Noord-Bolandligawedstryde wat gedurende die week plaasvind, en neem dan ook aan die T20-kompetisie deel. (LEES MEER)

Rugby

Hoërskool Robertson se rugby is die trots van die skool. Ons wil graag spelers kweek wat ’n gebalanseerde leefstyl handhaaf. Om dié rede heg die skool baie waarde aan rugby sowel as die dieper lewenswaardes wat met die sport gepaard gaan.

Ons lewer jaarliks spelers wat Boland se Cravenweek-, Akademie-, Grant Khomo- en Boland 7’s-spanne verteenwoordig.
(LEES MEER)

Netbal

Hoërskool Robertson beskik oor 6 bane en 6 afrigters vir ongeveer 12 spanne. Afrigters en spelers woon jaarliks skeidsregterskursusse by en eksamens en graderings vind gereeld plaas. Afrigters omring hulle met die toppresteerders in die sport, hetsy afrigters of skeidsregters. Spanne word jaarliks vergesel na afrigtingsklinieke, soos Erin Burger Netball en Niel du Plessis van Sport Science Lab.
(LEES MEER)

Swem

Ons skop die seisoen af met ’n heerlike kompetisie tussen Blou en Silwer by die jaarlikse Kleuregala.

Ons oefen vier dae per week na skool.

Ons neem weekliks deel aan galas soos:  Aflosgalas, Frank Myburgh Twilight-gala, Seshoekige gala, asook uitnodigingsgalas by Curro Hermanus, Rûens Kollege en Hopefield. (LEES MEER)

Tennis

Hoërskool Robertson spog met uitmuntende tennisspanne. Onder die bekwame leiding van afrigter Louis Botha, wat ook provinsiaal gespeel het, presteer ons seuns en dogters gereeld op die gebied. Louis is ’n geregistreerde Tennis SA-afrigter met 8 jaar se afrigtersondervinding. Saam met mev. Charine Botha as organiseerder, kry elke leerder die bloodstelling en aandag wat nodig is vir hulle om op die gebied te presteer.
(LEES MEER)

Atletiek

Tradisioneel begin die atletiekseisoen reeds in die vierde kwartaal en hou aan tot in die eerste kwartaal van die nuwe jaar. Enkele toegewyde atlete oefen egter deur die jaar. Aan die begin van die eerste kwartaal vind die jaarlikse kleurebyeenkoms plaas waarby die Blou-en- Silwer spanne meeding vir die kleurekompetisie beker. Die seisoen sluit byeenkomste in van die Sone, Noord-Boland, Boland, Wes-Kaap asook SA Kampioenskappe in. In die vierde kwartaal is die voorseisoen vol byeenkomste van die Outeniqua Top 10, Bredasdorp Top 10 en Dirkie Uys. (LEES MEER)

Noodhulp

Hoërskool Robertson spog met ’n toegwyde noodhulpspan wat elke naweek bereid is om hul mede-skoliere by sportgeleenthede by te staan. Die skool bied jaarliks opleidingsgeleenthede van hoë gehalte aan voornemende sowel as die gesoute lede van die noodhulpspan. Daarom is hulle dus altyd in staat om hulle taak met die nodige kennis, vaardighede, ervaring en professionaliteit te verrig. (LEES MEER)

Interskole

Ons jaarlikse interskole is altyd ’n groot dag op die kalender. Ons interskole vind jaarliks teen Charlie Hofmeyr plaas. Die tradisionele interskole kom al jare aan. Hierdie is ’n groot dag in elke leerder se lewe. Die belewenis en ervaring wat die leerders by hierdie dag ervaar, dra hulle by hulle lewenslank.

Dit is vir ons ’n ongelooflike groot voorreg om by hierdie dag te kan deel wees, waar ons ons godgegewe talente op die veld of baan kan uitleef. Jaarliks is daar tussen 3000 en 4000 toeskouers. (LEES MEER)

Akademie

Hoërskool Robertson se personeel streef na akademiese uitnemendheid.

Kwartaalliks sal alle leerders wat 90% en hoër gemiddeld behaal, ’n goue akademiese balkie ontvang. Hierdie balkie sal soos die top 10-balkie gedra word.

Kwartaalliks sal alle leerders wat 80% en hoër gemiddeld behaal, ’n silwer akademiese balkie ontvang. Hierdie balkie sal soos die top 10-balkie gedra word. (LEES MEER)

Redenaars

Hoërskool Robertson bied vir leerders met ’n passie vir redenaars ’n kans om toesprake voor ’n gehoor van hul onderwysers en klasmaats te lewer. Leerders ontvang waardevolle onderrig en ervaring in navorsingsvaardighede en die voorlegging van ’n toespraak in Engels of Afrikaans. Vier redenaarsbyeenkomste vind deur die loop van die jaar plaas – een per kwartaal. Elke byeenkoms het ’n senior (gr. 10–12) en ’n junior (gr. 8–9) kategorie. Die leerder wat die meeste punte deur die loop van die jaar aanteken, kry erkenning vir sy of haar prestasie by die jaarlikse prysuitdeling.
(LEES MEER)

Mnr. en Mej. RHS

Die Mnr. & Mej. RHS-skouspel vind elke jaar aan die begin van die tweede kwartaal plaas. By hierdie geleentheid neem graad 8–10-seuns en -meisies aan ’n junior afdeling deel en graad 11–12-seuns en -meisies aan ’n senior afdeling. Mej. RHS Senior tree dan ook op as die sjampanjenooi tydens interskole.
(LEES MEER)

CSV

CSV skep ’n geleentheid vir leerders om hul spiritualiteit asook ander waardes by die skool te kan uitleef. Dit is baie belangrik vir ons skool om hierdie platform vir die leerders te skep, aangesien daar baie is wat nie noodwendig hierdie platform by die huis het nie.

Die grootste doelwit vir ons CSV is dat daar ’n “gemeenskapsgevoel” tussen die leerders ontstaan, en dat hulle nooit alleen sal voel in Hoërskool Robertson nie. (LEES MEER)

OOF

HR se Ouersondersteunersforum is ‘n groep ouers wat Saterdae tydens sportdae in die Robcafé gevind sal word. Hulle is verantwoordelik vir die verkope van onder andere die heerlikste boereworsrolle met tamatiesmoor, skyfies, pannekoek en geroosterde broodjies. Daar is ook kofiie, tee, warm sjokolade asook ‘n snoepie vol ‘n verskeidenheid soetgoed. (LEES MEER)

Taalbond

Die tweetaligheidseksamen wat deur die SA Taalbond aangebied word, is ’n jaarlikse eksamen wat leerders kan aflê in beide Afrikaans en Engels.

This examination is divided into an English as well as an Afrikaans question paper focusing on various components like: literature, creative writing, comprehension and language skills.
(LEES MEER)

Mediaspan

Die mediaspan by Hoërskool Robertson bestaan uit 20 leerders wat vrywillig help om die sosiale mediablaaie soos Facebook en Instagram op datum te hou van alle gebeure by die skool.

Die mediaspan bestaan uit leerders wat spesialiseer in fotografie, redigering, klank, proeflees, skryf van verslae en algemene take om die sosiale mediablaaie interessant en kreatief te hou. (LEES MEER)

Metronoom

Die skoolkoerant se redaksie bestaan uit 15 leerders wat ywerig skryf en berig gee oor elke sport-, kultuur- en akademiese en aktuele geleenthede.

Elke leerder word ingedeel by sy/haar sterkpunt of spesifieke aanklank om daaroor te berig. Die Metronoom word kwartaalliks elektronies vrygestel en bevat soms ook skerp idees, oulike stories of ’n skinderbrokkie of twee.

(LEES MEER)

AFLAAI

KULTUUR

Koor

Koor

Musiek

Musiek

Revue

Revue

CVSV

CVSV

KONTAKBESONDERHEDE

WhatsApp:
066 332 1270

Bemarking:
Admin@robbie.co.za
Mej J. Roux
023 626 3159

Admin Kantoor:
Admin1@robbie.co.za
Mev Burger
023 626 3159

Sport Kantoor / Oud Skoliere:
Sport@robbie.co.za
Mnr Pieterse
023 626 3159

Finansies Kantoor:
Mev Delport
Finansies@robbie.co.za
023 626 3159

Sekretaresse (Mnr Bradfield):
Mev Wiid
Robertson.high@wcgschools.gov.za

[huge_it_maps id="1"]